Local newsNews

Foutiewe verkeerslig veroorsaak botsing

Die stukkende verkeerslig in die omgewing van Four Ways Spar, Drie Riviere, het Woensdagoggend, 12 Desember, weer tot ‘n botsing gelei toe dié twee voertuie mekaar getref het.

Die stukkende verkeerslig in die omgewing van Four Ways Spar, Drie Riviere, het Woensdagoggend, 12 Desember, weer tot ‘n botsing gelei toe dié twee voertuie mekaar getref het. Die groen lig vanaf Four Ways werk reeds ‘n geruime tyd nie, wat heelwat misverstande tussen motoriste veroorsaak.

Hierdie botsing het plaasgevind toe een voertuig met Ringweg afgekom het en die ander een met Blackwood gery toe hulle mekaar by die verkeerslig getref het. Daar was gister (Woensdagoggend) teen 09:00 reeds twee botsings vir die dag weens die fouteiewe robot.

Foto’s: Rudy Francis en Chris Smuts

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button