Meals on Wheels benodig donasies
VEREENIGING. – Meals on Wheels benodig dringend donasies om voort te gaan met die goeie diens wat hul in die gemeenskap lewer. Tans is daar 12 outehuise, vier voedingskemas en een toevlugshuis vir kinders aan wie daar kos voorsien word. Die grootste behoefte op die oomblik is kos, klere (baba’s tot volwassenes), meubels en wol. …

VEREENIGING. – Meals on Wheels benodig dringend donasies om voort te gaan met die goeie diens wat hul in die gemeenskap lewer.
Tans is daar 12 outehuise, vier voedingskemas en een toevlugshuis vir kinders aan wie daar kos voorsien word.
Die grootste behoefte op die oomblik is kos, klere (baba’s tot volwassenes), meubels en wol. Kersfees is ook besig om stadig nader te kom en Meals on Wheels wil graag op dié dag harte van 200 minderbevoorregte bejaardes bly maak en benodig dus 200 geskenkies. Donasies en geskenke sal deur Meals on Wheels afgehaal word.
Vir nadere besonderhede skakel Elize Geldenhuys by 084 432 1787.



