22-Jarige vra hulp om tande reg te maak na ongeluk
VEREENIGING. - Vir baie mense is hul glimlag hul beste bate, maar vir Nicolien Koster (22) is lag en glimlag nie meer wat dit was na haar tande tydens 'n ongeluk beskadig is nie.
Vaalweekblad het ‘n paar weke gelede berig oor die jong dame wat beseer tydens ‘n ongeluk by Midvaal Raceway toe die bestuurder van een van die drag racing motors beheer oor die voertuig verloor en teen die motorbande langs die kant van Midvaal Raceway se baan gebots het.
Nicolien het destyds gesê dit het so vinnig gebeur, toe sy weer sien was die motorbande bo-op haar en sy het geweldige pyn ervaar. Sy is na Kopanong-hospitaal geneem waar mediese personeel gesukkel het om haar suikervlakke te stabiliseer. Sy het in die proses drie ribbes gekraak, asook haar sleutelbeen. Haar tande is erg beskadig nadat haar plaatjie wat sy gedra het ook gebreek het en sy het skrape regoor haar lyf gehad.
Sy het intussen goed herstel, behalwe haar tande gaan haar ‘n aardige bedrag uit die sak jaag; geld wat sy nie het nie. Die kwotasie wat sy ontvang het om haar tande weer heel te maak beloop sowat R25 000.
“Ek voel regtig baie selfbewus en wil net so graag my tande reg maak sodat ek weer kan lag en glimlag.”
Indien enige persoon Nicolien kan help kan sy by 065 954 7022 of haar ma by 066 216 7952 geskakel word.
Diegene wat ‘n bydra wil lewer kan die volgende bankbesonderhede gebruik:
Nicolien Koster
Savings Account
1396274764
Takkode: 470010



