Wheels at the Vaal wag dié naweek op jou!
VANDERBIJLPARK. – Die gewilde Wheels at the Vaal Vintage & Steam vind dié naweek plaas en almal met ‘n voorliefde vir voertuie, enjins, antieke artikels, ons geskiedenis en sommer alles wat mooi is, mag dit nie misloop nie. Hier is antwoorde op praktiese vrae wat oor die fees gevra word: Wanneer? Hierdie jaar skuif die …
VANDERBIJLPARK. – Die gewilde Wheels at the Vaal Vintage & Steam vind dié naweek plaas en almal met ‘n voorliefde vir voertuie, enjins, antieke artikels, ons geskiedenis en sommer alles wat mooi is, mag dit nie misloop nie.
Hier is antwoorde op praktiese vrae wat oor die fees gevra word:
Wanneer? Hierdie jaar skuif die fees van die Noordwes-Universiteit af weg na Sylviavale Heritage Museum (digby Ocumed-oogkliniek). Dit vind plaas vanaf Vrydagmiddag 4 September tot Sondagaand 6 September.
Waar? Die fees vind plaas by Sylviavale Heritage Museum, by Vaalrylaan 14, Vanderbijlpark (digby Ocumed-oogkliniek), en is maklik bereikbaar vanaf die R57 of ander paaie. Besoekers en stalletjiehouers parkeer op aangrensende eiendomme. Verkeer word gereguleer.
Wat gebeur?
Daar’s pret en plesier vir almal. Voertuiggeesdriftiges sal hulle gesogte klassieke motors uitstal, die Blacksmiths sal die nuwe grofsmidwerkswinkel inwy met ‘n demonstrasie van outydse vaardighede, ou enjins sal werk en van hulle sal antieke masjinerie aandryf. Meer as 100 stalletjies sal baie produkte en dienste te koop aanbied, asook smullekker kosse.
Daar sal iets vir ‘n ieder en ‘n elk wees. Dit sluit op-en-wakker musiekvertonings deur kunstenaars in. Voortreflike vatbiere en ander drinkgoed sal in die kroeg verkoop word.
Pas alles in op die terrein? Ja! Demonstrasies en stalletjies word op die Museumperseel opgestel.
Klassieke motors word op die Museumgronde uitgestal of op die eiendom oorkant die straat.
Doelstellings van die fees? Wheels at the Vaal is geldinsamelingsprojek vir die instandhouding en verdere ontwikkeling van die Museum, wat dit in staat sal stel om ons erfenis te bewaar en ‘n regte bate vir die gebied te word.
Toegangsfooie: Volwassenes: R50, skoolgaande kinders: R20, diegene korter as 1,25 meter: gratis.
Betalende besoekers staan kanse om pryse te wen deur die afskeurstrokie van hul kaartjie in die houer by die Vaal Ou Wiele stalletjie te gooi.
Parkering: Besoekers sal gewys word waar hulle op die oop eiendom langs Ocumed kan parkeer.
Klassieke motors sal op die Museumgronde parkeer of op die eiendom direk oorkant die straat.
Stalletjiehouers sal aan die agterkant van die eiendom direk oorkant die straat parkeer. Die toegangshek word beman deur die Rotariërs.
Alles is in plek vir ‘n onvergeetlike fees, van deeglike sekuriteit en voldoende toilette tot mediese bystand indien nodig. Al wat oorbly is dat die hele streek se mense daar moet wees!




