Local newsNewsNewsBreaking News

Farinha kry twee jaar opgeskort na hy kinders raakry en wegjaag

Farinha kry twee jaar opgeskort na hy kinders raakry en wegjaag

VANDERBIJLPARK. – Na ‘n tref-en-trap ongeluk op Vrydag 16 Maart 2018, waarin Berndine Luther (14) en Gerhard Geyer (17) beseer is, is die beskuldigde in Desember gevonnis.
Tony Farinha is destyds op sosiale media uit alle oorde deur die publiek gekritiseer omdat hy nie by die ongelukstoneel gestop het of die saak by die polisie aangemeld het nie.
Farinha is op 12 Desember skuldig bevind op die aanklag van roekelose en nalatige bestuur en is twee jaar gevangenisstraf opgelê, opgeskort vir drie jaar.
Farinha het op die dag van die ongeluk in Langenhovenstraat die twee kinders op die sypaadjie getref en ‘n derde kind, Dillen Brits, rakelings gemis. Daarna het hy van die toneel weggejaag. Die voertuig is geïdentifiseer en ‘n wye soektog is met behulp van CCTV-materiaal van die voertuig, op Facebook geloods.
Die druk het egter te groot geword en Farinha het hom self oorgee aan die polisie. Hy het drie dae na die ongeluk, op Maandag, 19 Maart 2018, saam met sy prokureur by die polisiestasie opgedaag. Hy het ‘n suurstofbottel in ‘n sak by hom gehad omdat hy skynbaar asemhalingsprobleme het.
Volgens Marie Jordaan, ouma van Gerhard en Berndine, sukkel die twee kinders steeds na die ongeluk. Gerhard kon vir drie maande nie skool toe gaan nie en het toe besluit om skool te verlaat. Hy kla daagliks nog van pyn in sy been sedert daar verlede jaar 21 skroewe en plate gebruik is om sy been te herstel.
Volgens Marie is Berndine tans nog baie emosioneel en het van skool verander. Sy ontvang tans spesiale onderrig.

Gerhard Geyer (17) met sy gebreekte enkel tydens die ongeluk verlede jaar. Foto?: Jannie du Plessis
Berndine Luther word hier deur ER24 en Netcare 911 paramediese personeel behandel tydens die ongeluk op 19 Maart 2018. Foto: Jannie du Plessis
Berndine Luther (14).
Gerhard Geyer (17).

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button