Ses beseer in ongeluk en een jaag weg van toneel
Ses beseer in ongeluk en een jaag weg van toneel
VANDERBIJLPARK. – Die bestuurder van ‘n dubbelkajuit bakkie is vroeg middag, 20 Desember, deur buurtwag lede en lede van die publiek aangekeer nadat hy van ‘n ongelukstoneel, waarin ses mense beseer is, weggejaag het.
Die ongeluk het na 13:00 op die R42 (Barrageweg) skuins voor El Toro slaghuis plaasgevind. Die bestuurder van die dubbelkajuit bakkie het vermoedelik in die rigting van Loch Vaal agter teen die Opel Astra gebots en die Opel het teen ‘n aankomende Chevrolet gebots. ER24 en Netcare 911 Paramedics het vier insittendes in die Chevrolet en twee beseerdes in die Opel behandel en onderskeidelik na Sebokeng en Vaalpark hospitale vervoer. Een pasiënt van die Opel, ‘n jong seun is in ‘n kritieke toestand.
Die bestuurder van die Toyota, wat vir ‘n kort tyd op die toneel was, het aan Vaalweekblad gesê een van die mans op die toneel het hom glo gedreig en gestamp en hy het in sy bakkie geklim en die toneel verlaat. Ander ooggetuies beweer hy het net uitgeklim, na een van die voertuie geloop, terug na sy bakkie geloop en toe weggery.
Hy is later by die Big Boat kafee op die stokkiesdraai pad voorgekeer en deur die polisie na die ongelukstoneel vergesel. Daarna is hy onder polisie begeleidng na die polisiestasie geneem.
Die saak word deur die Vanderbijlpark polisie ondersoek.
FOTO GALLERY: JANNIE DU PLESSIS – VAALWEEKBLAD


























