Local newsNewsNewsBreaking News
Twee voertuie in ongeluk op Potchefstroompad
Twee voertuie in ongeluk op Potchefstroompad
VANDERBIJLPARK. – Twee voertuie is erg beskadig na ‘n ongeluk gister naby die kruising van die R42 (Barrageweg) en die Potchefstroom pad.
Die ongeluk het net voor 13:00 gebeur toe ‘n wit Izuzu dubbelkajuit bakkie teen ‘n Mercedes gebots het. Beide voertuie is erg beskadig maar nie een van die insittendes is beseer nie. Die insittendes van die Mercedes was op pad na ‘n bruilof en moes egter eers ander reëlings tref nadat die Mercedes se regter agterwiel so beskadig is dat die voertuig nie kon beweeg.
Beide partye het die saak by die polisie aangemeld en die polisie ondersoek die ongeluk.




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



