OPDATERING: Prokureur versoek dat foto’s van kliënt se voertuig verwyder moet word
Kind in die gesig deur glasstukke getref toe gholfbal oupa se woonstelvenster breek
OPDATERING:
Vaalweekblad het vroeër vandag die onderstaande lesersbrief geplaas waarin ‘ n oupa vra dat die mans wat hul gholfhoue geoefen het en in die proses sy woonstelvenster met ‘ n gholfbal gebreek het, met hom kontak moet maak nadat sy kleinkind deur die glas beseer is. ‘ n Foto van die voertuie waarmee die mans glo gery het, is by die brief geplaas. Een van die voertuigeienaars se prokureur het Vaalweekblad intussen gekontak en versoek dat die foto van sy kliënt se voertuig verwyder moet word. (Vaalweekblad het reeds voor publikasie die nommerplaat van die voertuig gedeeltelik verdoesel). Op versoek van die prokureur plaas ons nou swart blokke oor die betrokke voertuie. Ons het ook advies van die Persombudsman oor die aangeleentheid aangevra en wag sy mening in.
Johan Van Vuuren van Vanderbijlpark skryf:
Die eienaars van hierdie twee voertuie .
Julle drankgeïnduseerde dapperheid gaan jou more 2 keer laat dink
Julle het ‘n gholfbal deur my woonstelvenster geslaan vanaf die kroeg op die rugbyveld van die ou Yskorklub.

My kleinkind het nou glas in haar oog en gesig.
Ek het jou gholfbal en jou vingerafdrukke.
Ek het gesien hoe julle die balle slaan…
Die kind is nou ongevalle toe.
Wees ‘n man… kom maak jou gemors reg…. of dra die gevolge.
Ek het klaar jou naam en adres.
Een is Mullerstuine, die ander in Playfair blvd. Ek wag vir julle.
Enige persoon wat hierdie voertuie ken. Neem kennis.
SHARE ASSEBLIEF MENSE.!



