Stanley Pretorius het vandag ‘n video op sy Facebookblad geplaas wat hy gister by Moolmans langs die Vaaldam geneem het.
Hy sê hy was besig om te hengel toe ‘n massa vieslike gemors, wat soos rou riool lyk, net skielik vanuit die niet “opgedaag” het.
“Ek het nie woorde om te sê wat ek voel nie. Dis skokkend en dis letterlik die hele oewer vol,” sê hy.
‘n Facebook-gebruiker, Gary Dunn, se kommentaar op die video is dat hy bekend is met dié verskynsel, wat “algae bloom” genoem word. Hy sê dit is presies wat die video wys. “Dit kan giftig wees en ruik nogal baie soos riool. Dit kan veroorsaak word deur ‘n oormaat stikstof en / of fosfor in die water,” sê Gary.
Vaalweekblad sal so gou as moontlik kommentaar by RandWater oor die verskynsel aanvra en terugvoer gee.
Kyk na die video by dié skakel:
https://www.facebook.com/stanley.pretorius/videos/10218381314745432/UzpfSTEwMDAwMzY4MzkwNjYwMzozMDYwNjExMjk0OTk0MTQ6MTA6MDoxNTQ5MDA3OTk5OjYxMDQ5NjMzMDQ2NjY2ODQxNDY/



