Dr. Jaco Schoeman by NG Meyertonpark
Izolde Pistorius MEYERTON. – Op Sondag 13 Januarie om 09:00 kom dr. Jaco Schoeman met die gemeentelede van die NG Kerk Meyertonpark gesels oor Gesinwees vir Jesus. “Ons in NG Meyertonpark het in 2018 herontdek dat Jesus en Jesus alleen ons enigste en ware hoop is. Maak nie saak wat die aanslae van die lewe …
Izolde Pistorius
MEYERTON. – Op Sondag 13 Januarie om 09:00 kom dr. Jaco Schoeman met die gemeentelede van die NG Kerk Meyertonpark gesels oor Gesinwees vir Jesus.
“Ons in NG Meyertonpark het in 2018 herontdek dat Jesus en Jesus alleen ons enigste en ware hoop is. Maak nie saak wat die aanslae van die lewe is nie. Of dit gaan oor my gesondheid, my werk, die ekonomie of wat ook al, Jesus is my rots en my anker in die lewe.
“Ons het egter ook ontdek dat dit nie help dat ek met die waarheid sit en dit net vir myself hou nie. Dit moet uitgeleef word en ook oral om my beleef word. Ons het ook die ontdekking gemaak dat dit alles by ons as gesin begin. Ons kan nie opstaan en vir die wêreld hoop bied as daardie hoop nie binne ons gesin is nie en as Jesus nie ons hoogste prioriteit in die huis is nie.
“Daarom wil ons as gesinne in 2019 vir Jesus opstaan. Al is dit die 5-jarige boetie of 7-jarige sussie in die huis wat dit doen,” sê ds. Johan du Plooy, leraar van die gemeente.
Dr. Jaco as leier van Vibrant Faith in Suid-Afrika het baie ondervinding wat dit aanbetref. Hy is ook die leier in die Goudland Sinode wat die Jeug aanbetref en verder ook ‘n mentor en leier vir predikante in die Sinode.




