Local newsNewsNewsBreaking News

Drie dae sonder krag – betogers brand bande

Drie dae sonder krag - betogers brand bande

Jannie du Plessis – Vaalweekblad

VANDERBIJLPARK. – Inwoners van Bophelong het gister, 10 Januarie,  uit desperaatheid die R57 tussen Miltonstraat en Curie boulevard met brandende bande, klippe en takke besaai nadat daar nie deur hul pleidooi deur hul plaaslike raadslid gereageer is nie.

Die onstoke inwoners het, na ‘n huis wat afgebrand het en waar geen brandweer opgedaag het nie, verskeie kere gepoog om hul krag herstel te kry. Volgens die inwoners sit hul reeds drie dae sonder krag en het begin betoog om vir die raadslid en die munisipaliteit ‘n boodskap te stuur. Volgens onbevestigde inligting deur die inwoners, het die munisipaliteit nie brandstof nie en die brandweer, verkeer en munisipale werkers met voertuie ly daar onder.

Betogers het ongeveer 13:00 die robot op die R57 en Curie boulevard versper deur brandende bande die verkeer te ontwrig. Daarna is die hele pad met klippe besaai tot by die Miltonstraat en R57 robot waar hulle met brandende bande die verkeer gestop het. Teen laatmiddag het die polisie die saak ontlont maar betogers was tot laataand bedrywig.

Vanoggend, Vrydag 11 Januarie egter is die pad reeds skoon behalwe vir die uitgebrande bande se drade wat in die pad gelê het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button