HealthLifestyleLocal newsNewsBreaking News

(Waarskuwing: Ontstellende foto). Bid asseblief vir Kobus van Dyk

Let wel: 'n Ontstellende foto van mnr. Van Dyk se geamputeerde been volg heel onder. Moet asseblief nie tot heel onder "afscroll" as u deur sulke visuele materiaal ontstel word nie.

Retha Fitchat

SASOLBURG. – Mnr. Kobus van Dyk van Sasolburg verduur ondraaglike pyn nadat sy been in Desember geamputeer is en daar intussen gangreen in die stompie ontwikkel het. Sy ander been is ook reeds ‘n paar jaar gelede afgesit.

Let wel: ‘n Ontstellende foto van mnr. Van Dyk se geamputeerde been volg heel onder. Moet asseblief nie tot heel onder “afscroll” as u deur sulke visuele materiaal ontstel word nie.

Kobus is tans in die staatshospitaal in Bloemfontein, waar dokters vandag ‘n baie groot operasie sou uitvoer indien hy sterk genoeg was. Vaalweekblad kon nog nie vanaand met sy vrou, Ansie, praat nie, dus kan ons net hoop en glo dat alles goed afgeloop het.

Ansie is die afgelope weke bedags permanent langs Kobus se bed en bly in ‘n gastehuis naby die hospitaal in Bloemfontein. Kobus ontvang  net ‘n staatspensioen, dus het die egpaar dit nie breed nie, en die gastehuis is duur.

Enigiemand wat bereid is om die gesin geldelik op of enige ander manier by te staan, kan vir mnr. Nicky Pretorius, ‘n familielid van die egpaar, skakel by 084 709 1819, of ‘n bankoordrag kan direk in die volgende rekening gedoen word:

Capitec Rekening: 1431110742
Naam: MS AM NEL
Takkode: 470010

 

Lees ‘n volledige berig oor Kobus se toestand in more se uitgawe van Vaalweekblad (23 Januarie).

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die stompie van mnr. Kobus van Dyk se been, waar gangreen ontwikkel het. Dit veroorsaak ondraaglike pyn. Dokters sou vandag ‘n operasie doen om die bloedvloei na die been te verbeter, maar Vaalweekblad kon nog nie vasstel of dit suksesvol was nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button