[Video] Weerlig tref lapa’s – drie brand af
[Video] Weerlig tref lapa's - drie brand af
VEREENIGING. – Terwyl Vanderbijlpark geen reën gister, 24 Januarie gehad het, het dele van Vereeniging en Meyerton deurgeloop onder ‘n hewige storm.
‘n Huis in Henrystraat in Risiville het egter die slegste daarvan afgekom toe ‘n weerligstraal een van drie grasdak lapa’s aan die brand gesteek het. Daarna het twee ander lapa’s op die perseel ook aan die brand gesteek. Daar kon nog nie bepaal word waar die weerlig geslaan het nie maar die nodige weerlig-afleier is in plek. Bure het dadelik alarm gemaak en Midvaal brandweer het ure gespook om die brand onder beheer te kry.
Met gras en puin wat rondlê het een van die brandweermanne in die swembad, wat nie sigbaar was nie, geval. ‘n Omstaander het hom dadelik uit die swembad gehelp en hy het ongestoord voortgegaan om die brand onder beheer te bring en te keer dat dioe brand na die huis versprei. Groot skade is aangerig en twee waterbromponies het effens in die slag gebly. Gelukkig het iemand hulle verwyder voor hulle heeltemal beskadig is.
ER24 en verskeie buurtwagte en lede van die publiek het ingespring om te help. Geen beserings is aangemeld nie.



