SAP Supreme Cup:Kom stap vir Cansa op die renbaan
Hope gesinspret, fantastiese kos en opwindende perdesport is op die program by die SAP Supreme Cup wat op 26 September heeldag by die Vaal-renbaan plaasvind. Maar dis nie al nie… Vaalweekblad is mediaborg van dié dag en bied terselfdertyd ‘n pretstap aan waarin derduisende rand se pryse in gelukkige trekkings gewen kan word. Vir die …

Hope gesinspret, fantastiese kos en opwindende perdesport is op die program by die SAP Supreme Cup wat op 26 September heeldag by die Vaal-renbaan plaasvind.
Maar dis nie al nie… Vaalweekblad is mediaborg van dié dag en bied terselfdertyd ‘n pretstap aan waarin derduisende rand se pryse in gelukkige trekkings gewen kan word.
Vir die eerste keer in die Vaaldriehoek se geskiedenis gaan mense aan ‘n massa-pretstap op die perdebaan deelneem! Vrolike, veilige pret vir die hele gesin. Skryf sommer dadelik in, want ons gaan die aantal deelnemers tot net ‘n paar duisend beperk om die renbaan nie te beskadig nie. Kom wees deel van dié geskiedkundige pretstap ten bate van Cansa en registreer sommer dadelik by www.ticketpros.co.za (Soek na die blokkie: Vaalweekblad – Fun Run). Diegene wat nie internet het nie, kan nader aan die datum by sekere plaaslike kettingwinkels gaan inskryf. Hou net Ster en Vaalweekblad dop.
Inskrywings vir die pretstap kos R50 vir volwassenes en R20 vir alle kinders onder 18 jaar.
Hierdie gaan ‘n ware gesinsdag wees en geen verdere hekgeld gaan betaalbaar wees nie. Bekende sangers, interessante stalletjies en daglange pret en vermaak vir die kleinspan is ook op die program.
Jy kan natuurlik ook ‘n perd of twee ondersteun en dalk ‘n fortuin wen! Vir dié wat nog nie weet hoe om ’n perd te kies nie, gaan die Vaal-renbaan se kenners binnekort aanwysings in Ster en Vaalweekblad gee. Hou ons koerante dop vir meer inligting!



