Local newsNewsBreaking News

HS Driehoek-tragedie: Ouer betrokke in ongeluk op pad na skool

'n Ernstig beseerde vrou is na die botsing per ambulans hospitaal toe geneem

Vaalweekblad het nie-amptelik verneem dat ‘n vrou vroeër vanoggend baie ernstig beseer is in ‘n motorongeluk langs Vaal Mall in Rossini-boulevard, Vanderbijlpark.

Na wat verneem word, was ‘n ouer van een van Hoërskool Driehoek se leerlinge op pad skool toe toe sy in die botsing teen ‘n ander voertuig betrokke was.

‘n Vrou is na die botsing per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer. Gerugte dat die beseerde vrou intussen gesterf het, kon nog nie bevestig word nie.

Vaalweekblad se uitgawe van 6 Februarie sal volledig berig oor dié en ander sake wat met die Hoërskool Driehoek-tragedie verband hou.

Vaalweekblad se innige meegevoel aan almal wat deur vanoggend se hartseer gebeure geraak is.

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button