Local newsNationalNewsBreaking News

Hoërskool Driehoek-tragedie: Nicole Nel sterk aan in waakeenheid

Minstens nege beenbreuke maar sy leef!

 

Nicole Nel, ‘n graad 8-leerling aan Hoërskool Driehoek, is een van die beseerdes wat vanoggend se tragiese gebeure by die skool oorleef het.
Sy is tans in die waakeenheid van Mediclinic Vereeniging.
Volgens Mariska Pfahl, wat eerstehandse kennis oor Nicole se toestand het, is twee beentjies in haar nek gebreek, haar kakebeen is gebreek, haar bo-arm is op twee plekke gebreek, haar bekkenbeen is op drie plekke gebreek en haar linkerbeen is bokant die knie gebreek.
“Mag die Here jou styf vashou vanaand en by jou wees. Jy sal hierdeur kom, ons bid vir jou!” is Mariska se boodskap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button