Local newsNationalNews

HS Driehoek-tragedie: Spesiale gebedsversoek vir Shamoné

Rugwerwels gebreek, rugmurg beskadig

VANDERBIJLPARK. – Shamoné Steynvaart, ‘n graad 9-leerling van Hoërskool Driehoek, is een van die kinders wat gister erg in die tragedie beseer is toe ‘n oorhoofse betonstruktuur by die skool inmekaargestort het. Van haar rugwerwels is gebreek en haar rugmurg is beskadig.

Volgens ‘n familielid, Debbie Steynvaart, het Shamoné ook ‘n ernstige besering aan haar agterkop. Sy sou gistermiddag of -aand vanaf Mediclinic Vereeniging na die Wilgers-hospitaal in Pretoria oorgeplaas word vir verdere behandeling.
Haar familie vra dat almal haar asseblief vandag spesiaal in hul gebede en gedagtes moet hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button