Jongste nuus oor beseerde Cheverné Duvenhage
Haar ma doen verslag op Maandagaand, 4 Februarie
Ella Schlebusch Olwagen doen namens Cheverné Duvenhage se ma verslag oor haar vordering. Cheverné is een van die kinders wat kritiek beseer is in Vrydag se fratsongeluk by Hoërskool Driehoek:
Cheverne Duvenage se mamma sê: 4 Febr 21: 39.
Naand almal
Sjoe wat n dag. Dit was een geseënde dag en ons het baie om voor dankbaar te wees.
Hulle het begin met haar bors se fisio en dan ook binneaarse voeding. Hulle het ook begin met medikasie vir haar bloedklonte.
As ek haar naampie noem dan beweeg ons en sy laat my mooi verstaan sy is by my en sy hoor my…
Ons is tevrede en dankbaar vir elke stukkie progress en is gebless om haar my dogter te noem !
Lees ook ‘n vorige berig hier:



