CommunityLifestyleLocal newsNationalNews

Majubadagviering op 27 Feb en stigting van Afrikaanse Kultuurraad vir die Vaaldriehoek

Die jonger geslag word versoek om hulle vir die bestuursraad van die Kultuurraad beskikbaar te stel om die leisels by die ouer garde oor te neem.

 

Freddie Peters, Voorsitter van die Klipriviervallei Afrikaanse Kultuurraad, skryf:

Beste kultuurvriende en vriendinne,
Die Klipriviervallei Kultuurraad beplan die stigting van ‘n Afrikaanse Kultuurraad vir die Vaaldriehoek
in samewerking met die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK), in ons omgewing(Heidelberg, Meyerton, Vereeniging en Vanderbijlpark).

Dit vind plaas op Woensdagmiddag 27 Februarie om 16h30 vir 17h00 in die saal op die Suikerbosrand Geloftefeesterrein. Die terrein is tussen Heidelberg en Meyerton in die Suikerbosrand Natuurreservaat geleë.

Ons sal ook ‘n kort Majubadagviering hou in die vorm van ‘n kort vertelling van die geskiedenis van die Eerste Vryheidsoorlog.

Ons nooi graag die jonger geslag van ons volksgenote wat die kultuursake op die hart dra, om hulle vir die bestuur van die Kutuurraad beskikbaar te stel en die leisels by die ouer geslag oor te neem tydens hierdie historiese geleentheid.

Groete,
Freddie

* Meer besonderhede is beskikbaar by Freddie by 083 521 3990.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button