LifestyleLocal newsNationalNews

Klippies: DIT is wat die HS Driehoek-tragedie my geleer het

Sakekamer-bestuurshoof raak bewus van miljoene engele wat daagliks tussen ons loop

 

Klippies Kritzinger, uitvoerende bestuurshoof van die Goue Driehoek Sakekamer, het vroeër vandag dié boodskap op sy Facebool-blad geplaas. Vaalweekblad neem die vrymoedigheid om dit te deel aangesien dit eintlik vir almal in Suid-Afrika bedoel is.
Klippies skryf:
Graag wil ek vandag ‘n paar gedagtes deel rondom my ervaringe die week na die Driehoek-tragedie:

*My grootste vraag die week was… waarom Here, het ek in die situasie beland….? Die Here se antwoord was…. Klippies wat maak jou so special dat dit nie jy moet wees nie…?

*Ek het besef dat mense se kritiek dikwels die resultaat is van vorige seer of gebeurtenisse.

*Daar is miljuisende engele wat daagliks tussen ons loop. Suid-Afrika is my land ongeag wat enige iemand probeer verkondig.

*Ons as mense moet fokus op wat God van ons vra…. goeters is NIE belangrik NIE!

Ek wou my “close” maatjies ‘tag’ maar ek is bang ek stel iemand teleur en laat hom/haar uit.

AAN ELKEEN WAT GEBID HET, GEHUIL HET, ‘n POST OP FB GESIT HET OM TE BEMOEDIG, HULP AANGEBIED HET ENS….. MY GOD EN HERE WEET WIE JY IS.

 

  • Vaalweekblad sê namens die gemeenskap dankie aan die Goue Driehoek Sakekamer – Klippies, voorsitter Stefan Olivier,  en al die ander sakelui wat dadelik na 1 Februarie se tragedie by HS Driehoek ingespring het om die skool en gemeenskap op verskillende maniere by te staan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button