Local newsNewsNewsBreaking News

Jong motorfietsryer sterf tragies op Barrageweg

Jong motorfietsryer sterf tragies op Barrageweg

Jannie du Plessis – Vaalweekblad

VANDERBIJLPARK. – ‘n Jong man is gistermiddag, Saterdag 9 Februarie dood toe hy met sy motorfiets in ‘n ongeluk betrokke was.

Andrè Loggenberg, lid van die Gypsey Jokers motorfietsklub het sy lewe verloor toe hy met sy Honda gistermiddag in die rigting van Vanderbijlpark op die Barrageweg (R42) teen die bakkie gebots het.

Volgens die eienaar van die bakkie was hy vanaf die winkeltjie langs die Barragweg op pad na sy woning en toe hy die Barrageweg kruis, het die ongeluk gebeur.

Netcare 911, ER24 en die Barrage Polisie was op die toneel. Die saak word deur die polisie ondersoek.

Wyle Andrè Loggenberg. Foto: Facebook
Die Honda motorfiets waarmee Andrè Loggenbergh gery het. Foto: Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button