CommunityNewsNews

Ontmoet legendariese boksheld by gholfdag

VAALPARK. – NGR hou op Saterdag 19 September ‘n gholfdag as deel van ‘n fondsinsameling vir Susan Erasmus wat behandeling moet kry teen longkanker. Behalwe dat die dag vir ‘n goeie doel is, gaan deelnemers ook die kans kry om met SA bokslegende, Brain Mitchell, blad te skud. Brian is as SA se Bokser van …

VAALPARK. – NGR hou op Saterdag 19 September ‘n gholfdag as deel van ‘n fondsinsameling vir Susan Erasmus wat behandeling moet kry teen longkanker.
Behalwe dat die dag vir ‘n goeie doel is, gaan deelnemers ook die kans kry om met SA bokslegende, Brain Mitchell, blad te skud.
Brian is as SA se Bokser van die Dekade aangewys en gaan selfs van sy boks-memorabilia die dag laat opveil. Dié winste gaan ook aan Susan geskenk word.
Die gholfdag gaan by Heron Banks in Vaalpark gehou word en beloop R300 per speler, of ‘n R2 000 putjie borgskap wat ‘n vierbal insluit. Middagete is ook ingesluit. Kontak Yolandie by (016) 986 2055/6 vir besprekings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button