Swart week op paaie
VANDERBIJLPARK. – Verlede week was ‘n swart week op paaie in die Vaal, wat ook die lewe van ‘n seuntjie (3), geëis het. Op Dinsdagmiddag 8 September was drie voertuie by die kruising van Frikkie Meyer-boulevard en Barrageweg in ‘n ongeluk betrokke. Luqmaan Hansa, ‘n sakeman van Vereeniging, moes per helikopter na die Chris Hani …
VANDERBIJLPARK. – Verlede week was ‘n swart week op paaie in die Vaal, wat ook die lewe van ‘n seuntjie (3), geëis het.
Op Dinsdagmiddag 8 September was drie voertuie by die kruising van Frikkie Meyer-boulevard en Barrageweg in ‘n ongeluk betrokke. Luqmaan Hansa, ‘n sakeman van Vereeniging, moes per helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal vervoer word.
Volgens ‘n ooggetuie het ‘n wit Jetta onder ‘n VW bakkie ingery en dit so hard getref dat die bakkie opgelig het en op sy beurt weer ‘n wit Ford bakkie getref het. Drie ander pasiënte is op die toneel behandel en na die hospitaal vervoer.
Op Woensdagoggend 9 September is Siyabonga Madonsela (6), dood kort nadat ER24, wat hom na Mediclinic Emfuleni vervoer het, by die hospitaal aangekom het. Die ongeluk het net na 07:00 in Vaal Drive gebeur en is vermoedelik veroorsaak deur ‘n slaggat in die pad.
Die taxibestuurder het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor en teen ‘n boom gebots. Die bestuurder en die seuntjie is uit die taxi geslinger.
Op Donderdagoggend 10 September is drie mense beseer in ‘n botsing reg van voor tussen twee bakkies op die R176 by die Hendrik van Eck-boulevard T-aansluiting.
‘n Sewejarige dogtertjie en haar pa is in ‘n ernstige toestand in een van die bakkies gevind.
Die bestuurder van die ander bakkie het ernstige gesigbeserings opgedoen. Die meisie se pa, John Zwane, wat by Emfuleni Verkeer werk, is per helikopter na Mediclinic Sandton vervoer en die ander twee pasiënte na Mediclinic Emfuleni.

Foto: ER24



