Local newsNewsNewsBreaking News

Polisie Sersant ernstig beseer in ongeluk

Polisie Sersant ernstig beseer in ongeluk

Jannie du Plessis – Vaalweekblad

VANDERBIJLPARK. – ‘n Polisie sersant is ernstig beseer toe hy met ‘n polisie voertuig ongeveer 12:00 vanmiddag, Donderdag 21 Februarie in ‘n ongeluk betrokke was op die kruising van Piet Retief boulevard en Andries Potgieter boulevard.

Volgens inligting het die polisieman in die rigting van VUT gery. ‘n Wit Audi Q5 het in ‘n oostelike rigting in Piet Retief beweeg. Die polisie vangwa het teen die Audi op die regter-agterkant  gebots. Die bestuurder van die Audi is met ligte beserings deur Netcare 911 na die Mediclinic Emfuleni geneem vir behandeling. Die Polisieman is deur ER24 paramediese personeel ook na die Mediclinic Emfuleni geneem vir behandeling.

Die polisie is op die toneel en die saak word ondersoek.

Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button