Jannie du Plessis – Vaalweekblad
VANDERBIJLPARK. ‘n Trok met 24ton staal het gistermiddag, Vrydag 22 Februarie, net na 16:00 ‘n Golf en sy bestuurder etlike meters ver gestoot op die kruising van Frikkie Meyer boulevard en Nobelstraat.
Die bestuurder van die Golf, ‘n paramedikus van die Provinsiale Ambulansdiens, het ligte beserings opgedoen en is na die hospitaal geneem deur sy medewerkers. Die trokbestuurder het van Frikkie Meyer boulevard regs in Nobelstraat ingedraai toe die ongeluk gebeur het.

Die Trokdrywer het aan Vaalweekblad vertel dat hulle op die spesifieke kruising baie probleme ondervind met staaldiewe wat bo-op die trokke staal afgooi en op leë trokke die paar stukkies staal wat oorgebly het, steel.
Volgens hom het daar verlede week in Nobelstraat een van die diewe onder die trok se wiele beland nadat hy probeer afspring het, Vaalweekblad het toevallig een van die manne afgeneem toe een van die diewe van ‘n ander trok wat verby gery het, afgespring het.






