LetterOpinions
Dank vir hulp na ongeluk
Ouma Lettie van die Vaaldriehoek skryf:Hoe sê mens dankie vir wonderlike mense van. ER24? Jul vinnige optrede het gister ons seun Fanie, wat uit ‘n wrak gekom het, se lewe gered by die ongeluk op die Stokkiesdraai-pad. Dank ook aan dr. Mabude vir al die hulp by Mediclinic Emfuleni en vir al die vriende vir …

Ouma Lettie van die Vaaldriehoek skryf:Hoe sê mens dankie vir wonderlike mense van. ER24? Jul vinnige optrede het gister ons seun Fanie, wat uit ‘n wrak gekom het, se lewe gered by die ongeluk op die Stokkiesdraai-pad. Dank ook aan dr. Mabude vir al die hulp by Mediclinic Emfuleni en vir al die vriende vir hul hulp en gebede. Dankie ook aan ons kinders en kleinkinders, julle het ons so gehelp. Fanie leef en dit gaan beter. Die Heer se genade is groot. Dankie ook aan Jannie du Plessis van MooiVaal Media.


