Ooggetuies gesoek van oom Tienie se ongeluk
Ooggetuies gesoek van oom Tienie se ongeluk
VANDERBIJLPARK. – Ooggetuies word gesoek na die ongeluk op ‘n bejaarde man wat Dinsdagoggend (19 Februarie) omstreeks 08:45 in Pres. Krugerstraat in die middedorp deur ‘n taxi raakgery is.
Marthinus Johannes (Tienie) Fivaz (71) is op die toneel deur ER24, Netcare 911 en die Provinsiale Ambulansdiens se paramediese personeel behandel en na die hospitaal geneem.
Oom Tienie is steeds in die ICU van die Sebokeng-hospitaal en sy dogter Annette van Tonder vra getuies om na vore te kom wat die ongeluk gesien gebeur het.
Volgens inligting was getuies die passasiers in die taxi, ‘n blanke vrou wat op die toneel was en werknemers van omliggende winkels.
Kontak Annette op 084 874 0004.




