VANDERBIJLPARK. – ‘n Kop-teen-kop ongeluk waarin drie voertuie betrokke was, het die lewe van ‘n man geeïs ‘n tyd gelede op die R57 net na die kruising van die Goue Hoofweg (R553) en die R57.
Die ongeluk het net na 21:00 vroeg vanaand, Saterdagaand 9 Maart plaasgevind. Volgens die ooggetuie wat in ‘n wit Corolla gery het, sê hy dat hy in die rigting van die N1 gery het toe die bestuurder van ‘n Silver Volkswagen Polo hom regs voor op die neus stamp. Hy het die Polo op sy regter-sykant getref. Die Polo het toe kop teen kop teen ‘n aankomende Mercedes gebots wat in die baan langs die Corolla was. ‘n Klein dogtertjie is deur die bestuurder van die Mercedes met ‘n ander privaat voertuig na die hospitaal geneem terwyl Gauteng EMS ‘n vrouilike pasiënt na die Sebokeng Hospitaal geneem het vir behandeling. Van die vyf in die Mercedes is twee hospitaal toe en twee beseer. Die bestuurder van die Polo is opslag dood.
Die polisie is tans nog op die toneel.









