Local newsNewsNews

[Video] Driehoek Fondse – Hoe gemaak vir gelde?

[Video] Driehoek Fondse - Hoe gemaak?

VANDERBIJLPARK. – Na ‘n aanvallende video op Facebook en woordewisseling tussen die Golden Triangle Chamber of Commerce (GTCoC) en eienaar van die Crossroads Trauma sentrum, Anneri du Plessis tydens ‘n perskonferensie verlede week en Donderdag, 7 Maart, is ingestem dat die kwessie rondom die Driehoek hulpfonds meer kommunikasie benodig tussen die paneel en die ouers.

Tydens die perskonferensie is besluit dat ‘n verteenwoordiger uit die gemeenskap die ouers by die paneel gaan teenwoordig om die behoeftes van die ouers op ‘n daaglikse basis aan die paneel oor te dra.

Die kommunikasie gaping het onstaan nadat du Plessis en Klippies Kritzinger, hoofuitvoerende bestuurder van GTCoC, wat op 1 Februarie na die Driehoek ramp begin het met die fonds, nie tot ‘n vergelyk kon kom nie en du Plessis haar aan die kant van die ouers geskaar het. Kritzinger is egter die skakel tussen die ouers en die fonds se paneel en het geensins insae oor hoeveel, wanneer en aan wie uitbetalings gemaak moet word nie. Na die onenigheid het daar ‘n kommunikasie gaping ontstaan tussen Kritzinger, du Plessis, die ouers en die skool.

Jaco Verwey het aan die ouers verduidelik hoekom die uitbetalings van die fondse gesloer het vir die eerste drie weke. Dit was as gevolg van verskeie fondsinsamelings regoor die land wat eers getel en geoudit moes word en dat daar, omdat dit publieke geld is, eers riglyne neergelê moes word oor die uitbetaling van die fondse.

Du Plessis het egter namens die ouers gekla dat uitgawes vanaf dag een die lewens van die ouers drasties verander het en dat baie van hulle swaarkry onder finansiële druk en dat dit gepaard gaan met baie emosies.

‘n Volledige berig sal Woensdag 13 Maart in Vaalweekblad verskyn.

Sien onder video vir meer inligting.

Kyk na ‘n meer volledige video oor die vergadering deur die skakel te klik.

‘n klankopname is ook by die volgende skakel beskikbaar.

More about the Crowd Funding Initiative

Aansoekvorms

* Skenkings kan inbetaal word aan: Golden Triangle Chamber of Commerce, rekeningnommer 1021386774, Nedbank Vaal Mall, takkode 198765 met die verwysing Driehoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button