Local newsNewsNewsBreaking News

Trok maak U-draai – motorfietsryer ernstig beseer onder trok

Trok maak U-draai - motorfietsryer ernstig beseer onder trok

VANDERBIJLPARK. – ‘n Gewoonte van trokdrywers om voor die Vaal Mall in die rigting van Vereeniging ‘n U-draai te maak en dan langs die Vaal Maal se heining te stop om inkopies te doen, het vanoggend veroorsaak dat ‘n motorfietsryer ernstige beserings opgedoen het.

‘n Getuie het aan Vaalweekblad vertel dat beide sy en die motorfietsryer in die rigting van Vereeniging op die R42 op pad was toe die trok ‘n u-draai reg voor hulle gemaak het. Die motorfietsryer, wat volgens die ooggetuie, nie vinnig gery het nie, het teen die trok gebots. Hy is deur ER24 en Gauteng EMS paramediese personeel op die toneel behandel en na die hospitaal geneem vir behandeling.

FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button