CommunityLifestyleLocal newsNews

Nuus van Helplift Vaaldriehoek

Helplift Netwerk Vaaldriehoek hoef nie meer as 'n NPO geregistreer te wees nie, aangesien die organisasie nou deur middel van sy verbondenheid aan Helplift Netwerk Nasionaal, die status van 'n Nie-winsgewende Maatskappy (NPC 2008/02704/08) en PBO 930047169 bereik het.

Lenette Kruger, Helplift Vaal Triangle HUB Bestuurder, skryf:

Beste Medewerkers en ondersteuners,

Helplift Netwerk is baie dankbaar en trots op die feit dat ons nou ook ‘n BEE Enterprize Development is en deur middel van ons opleidingsaktiwiteite ook kwalifiseer vir Social – Economic Development. Dit bring mee dat besighede BEE punte kan verwerf deur ED en SED bydraes aan ons te maak. Ons kan nou ook artikel 18 A sertifikate aan besighede uitreik en Art 18B bydraes hanteer, wat vir hulle belastingvoordele inhou.

Ons wil regtig vir Peter Malan baie dankie sê vir al sy harde werk om hierdie mylpaal namens al die verskillende Helplift Hubs in ons land te bereik.

Helplift Netwerk Vaaldriehoek hoef nie meer as ‘n NPO geregistreer te wees nie, aangesien ons nou deur middel van ons verbondenheid aan Helplift Netwerk Nasionaal, die status van ‘n Nie-winsgewende Maatskappy (NPC 2008/02704/08) en PBO 930047169 bereik het.

Tydens ons volgende vergadering sal die nuwe uitbreiding van Helplift Netwerk verduidelik word en sal die sluiting van ons streek se NPO plaasvind.

Datum van vergadering: 4 April 2019
Plek: NG Kerk Driehoek te Stattaford straat in Vanderbijlpark
Tyd: 10:00

RSVP asb voor of op 1 April 2019 by lenettekruger@gmail.com

Nogmaals baie dankie aan almal wat gereeld ‘n eetdingetjie bring. Dit is altyd lekker.

Seëngroete

Lenette

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button