LifestyleLocal newsNationalNews

Wees gereed… hier kom koue!

Sneeu word op die Drakensberg voorspel en Valies gaan dit ook voel!

 
Snow Report SA voorspel dat die eerste beduidende sneeuneerslae moontlik vanaf vanmiddag (Vrydag) en vanaand op die Drakensberg kan begin val.

Uit ervaring weet ons Vaaldriehoekers al dat ons die koue vinnig voel nadat dit op die Drakensberg begin sneeu het.
Haal solank maar jou wolsokkies en warm baadjies uit en gooi sommer ‘n ekstra kombers ook oor jou bed!
Al wat dan nog nodig is, is ‘n glasie sjerrie of sop in die hand en wees gaaf met iemand wat vir jou melkkos, pannekoek of souskluitjies kan maak!
Lekker… hier kom die winter!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button