[Regstelling] Groot ongeluk eis die lewe van ‘n man – vier beseer
VANDERBIJLPARK. - 'n Groot ongeluk waarin vir voertuie betrokke was, het die lewe van 'n man geneem en vier pasiënte is na verskillende hospitale geneem vir behandeling.
Jannie du Plessis – Vaalweekblad
Regstelling – ‘n Man is dood in die ongeluk en nie soos vroeër berig!!!
VANDERBIJLPARK. – ‘n Groot ongeluk waarin vier voertuie betrokke was, het die lewe van ‘n man geëis en vier pasiënte is na verskillende hospitale geneem vir behandeling.
Die ongeluk het in die reënbui vroegaand (Vrydag 5 April) net na 18:00 op die R57 (Goue Hoofweg) naby die Big Bull slaghuis plaasgevind. Vier voertuie was in die ongeluk betrokke. ‘n Volkswagen Vivo en ‘n Kia Sorento het kop-teen-kop gebots terwyl twee bakkies ook betrokke was. Een bakkie het skade voor aan die voertuig en die ander aan die regter sykant van die voertuig. Die passasier van die Polo is op slag dood en is deur paramediese personeel op die toneel dood verklaar. Twee pasiënte is deur Netcare 911 vervoer en twee pasiënte is deur ER24 na die hospitaal geneem vir behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend maar dit blyk dat een van die voertuie in die reënweer in aankomende verkeer beland het.
Die reënweer het die taak van die paramediese personeel bemoeilik en verkeer het opgehoop. Buurtwaglede het op die toneel gehelp met die regulering van verkeer.
Die polisie was op die toneel en forensiese spanne sal die toneel nog vanaand besoek.











