[Video en Foto’s] Ma en seun beseer in ongeluk
VANDERBIJLPARK. - 'n Ma en seun is beseer in 'n ongeluk (Saterdag 6 April) op die kruising van Delfos Boulevard en die R57 (Goue Hoofweg).
Jannie du Plessis – Vaalweekblad
VANDERBIJLPARK. – ‘n Ma en seun is beseer in ‘n ongeluk (Saterdag 6 April) op die kruising van Delfos boulevard en die R57 (Goue Hoofweg).
Die ongeluk het ongeveer 12:00 gebeur toe die bestuurder van ‘n wit Datsun Go in die rigting van Vanderbijlpark oor die kruising gery het terwyl die robot groen was. Die bestuurder van die ander voertuig het volgens ooggetuies oor die rooi robot gedraai in die rigting van Vanderbijlpark.
Die ma is deur ER24 gestabiliseer terwyl die seun ‘n knie besering opgedoen het. ER24 het die twee pasiënte na die Mediclinic Emfuleni geneem vir behandeling. Die bestuurder van die tweede voertuig is deur ER24 Paramediese personeel ondersoek maar hy het geen beserings opgedoen. Die bestuurder van die Datsun was ongedeerd.
Die polisie was op die toneel en die ongeluk word ondersoek.
VIDEO – JANNIE DU PLESSIS








