Local newsNewsNewsBreaking News

Gat net al groter

Jannie du Plessis – Vaalweekblad VANDERBIJLPARK. – Die sinkgat waarin Jaco van den Berg ‘n tyd gelede met sy bakkie in Westinghouse boulevard beland het, het nou so groot geword dat die die verkeer in die teerpad se lewens in gevaar stel. Die vier sinkgate waarvan Jaco in een van hulle op 28 Februarie met …

Jannie du Plessis – Vaalweekblad

VANDERBIJLPARK. – Die sinkgat waarin Jaco van den Berg ‘n tyd gelede met sy bakkie in Westinghouse boulevard beland het, het nou so groot geword dat die die verkeer in die teerpad se lewens in gevaar stel.

Die vier sinkgate waarvan Jaco in een van hulle op 28 Februarie met sy bakkie beland het, het skade van R40000 aan sy bakkie aangerig. Jaco het aan Vaalweekblad gesê hy het net gister 5 April sy bakkie van die paneelkloppers af terug ontvang.  Jaco het ‘n nekbesering opgedoen waarvoor hy eersdaag geopereer gaan word.

Besorgde inwoners en lede van Afriforum het Saterdagoggend 6 April die een sinkgat afgespêr nadat die gat reeds deel van die randsteen laat intuimel het. “Sedert my ongeluk het die munisipaliteit nog niks gedoen nie,” het Jaco aan Vaalweekblad gesê.

Die oorsaak van die sinkgate is baie eenvoudig. Die sowat een diameter beton stormwaterpype is so verouderd dat die gewig van die 1m grond bo die pyp net eenvoudig laat breek het. Toe Jaco die dag op die middelman parkeer om plakkate op te sit vir die komende verkiesing, het die pyp onder sy voertuig meegegee.

Terwyl Vaalweekblad op die toneel was, het twee munisipale werkers van die munisipaliteit se paaie departement daar aangekom en die gate toe gespan.

Volgens een van die werkers gaan hulle Maandag 8 April moontlik met die werk begin. Die oponthoud is veroorsaak deur die kontrakteur se masjien wat buite werking was.

SIEN DIE BERIG VAN 28 FEBRUARIE HIER DEUR OP DIE SKAKEL TE KLIK

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button