Local newsNationalNewsBreaking News

Rowers skiet 18-jarige in huis

Hondjie waarsku seun toe rowers die huis binnekom

 
‘n Agtienjarige seun van Riversdal, Meyerton, is met ‘n skietwond in sy been in die hospitaal opgeneem nadat hy gisternag deur rowers in sy ouerhuis oorval is.
Volgens Jackie Brits van die Esters (Stop die plaasmoorde en geweld-groep op Facebook) was die seun alleen tuis om die huis op te pas terwyl sy gesin vir die Paasnaweek weg sou wees. Hy het op ‘n bank aan die slaap geraak maar is gedurende die nag deur sy hondjie wakker gemaak. Toe die seun opstaan om te gaan kyk wat aangaan, het een van die rowers reeds in die gang gestaan.
Hy het van skok geskreeu en ‘n rower het met ‘n vuurwapen op hom losgebrand.  ‘n Koeël het hom in die been getref maar volgens Jackie was dit gelukkig skynbaar net ‘n vleiswond.
Die seun het kamer toe gehardloop en homself toegesluit, vanwaar hy probeer bel het. Hy kon blykbaar nie daarin slaag nie en het ondanks sy beseerde been deur die kamervenster geklim en na sy ouma-hulle, wat net twee huise van daar af bly, gehardloop. Hulle het dadelik die Riversdal-buurtwag gebel. Tiens Fourie, Johan Niemand, Magdaleen Gray en nog versterkings het gou opgedaag maar die rowers kon daarin slaag om te ontvlug.
Volgens een van die patrolleerders is daar spore van ‘n kar of bakkie aan die agterkant van die erf gevind. Die rowers het vermoedelik dus in ‘n voertuig weggekom.
Die betrokke gesin het versoek om in dié stadium nie geïdentifiseer te word nie. Dit was die derde keer in twee maande dat daar by die huis ingebreek is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button