LifestyleLocal newsNationalNews

(Waarskuwing: Die inhoud bevat foto’s van ‘n volwasse en ontstellende aard). LEFRA op soek na akteurs vir ‘Die Rypmaakkamer’

Oudisies gaan vanaf 2 tot 4 Mei by die Mark Teater in Johannesburg gedoen word

Lefra Produksies beplan om die veelbesproke internasionale treffer, THE CURING ROOM van David Ian Lee binnekort in Afrikaans as DIE RYPMAAKKAMER op te voer by die Mark Teater in Johannsburg. Oudisies gaan vanaf 2 tot 4 Mei 2019 by die Mark Teater vir die volgende karakters gedoen word:

KARAKTERS:
Kaptein Victor Nikolov (25-30)
Senior Luitenant Sasha Ehrenberg (30-35)
Luitenant Vasili Kozlov (30-35)
Junior Luitenant Leonid (Diere “Killer”) Drossov (30-40)
Weerman Nils Sukeruk (40-50)
Weerman Georgi Poleko (20-25)
Weerman Yura “Yuri” Yegerov (20-25)
Al die karakters is soldate en moet dus ook soldate se bou en fiksheid reflekteer.

Die regisseur, Frans Swart, sê dit is ‘n ontsettende uitdagende drama wat baie van die akteurs gaan verg.
“The Curing Room deur die Amerikaanse skrywer, David Ian Lee, het onlangs uitstekend gedoen by die Edinburgh Kunstefees en het daarna ook ‘n tydperk in Londen se West End gespeel. Dit is gebaseer op ware gebeure en speel af in die Lente van 1944. Die Nazi’s het sewe Poolse soldate in hegtenis geneem. Hulle sluit al sewe mans nakend toe in ‘n kelder van ‘n klooster… die sogenaamde “curing room” waar die vleis ryp gemaak is. Die Nazi’s ry weg en los hierdie mans om dood te gaan.”

Swart sê dat die produksie hom so aangegryp het dat hy net daar en dan in Edinburgh besluit het dat die produksie ook in Suid-Afrika gedoen moet word.
“Die essensie vir my gaan oor die misbruik van mag. Ons het dit deur al die jare gesien, en sien dit tot vandag toe nog ook hier in Suid-Afrika hoe mag op vele vlakke misbruik word! Emily Hobhouse het met die Anglo-Boereoorlog gesê: ‘Not until power was given unto men, could it be known what is in them’. En dis so waar. Hoekom het die Nazi’s hierdie mans toegesluit om dood te gaan? Hoekom hulle dan nie maar liewer op die daad doodgeskiet het nie?”
Hy sê die produksie gaan oor oorlewing. “Ons stap saam die pad met hierdie sewe soldate … die pad van oorlewing wat ontwikkel in baie komplekse menseverhoudinge, selfverdediging, moord en uiteindelik ook kanibalisme!”

Die Rypmaakkamer sal van 11 tot 30 Junie 2019 by die Mark Teater in Johannesburg opgevoer word. Repetisies sal ook by die Mark Teater gedoen word vanaf 20 Mei tot 9 Junie 2019

Belangstellende akteurs kan hul CV’s en ‘n onlangse vollengte foto stuur aan admin@lefra.com. Oudisies sal plaasvind van 2 tot 4 Mei en die sluitingsdatum vir aansoeke is reeds 30 April. Suksesvolle akteurs sal genooi word na die oudisies. Vir navrae, skakel Lefra by (011) 815 3000 of stuur ‘n e-pos aan info@lefra.com.

WAARSKUWING: FOTOMATERIAAL  WAT SOMMIGE LESERS KAN ONTSTEL, VOLG HIER ONDER. MOENIE ONDERTOE “SCROLL” AS JY DEUR  GEWELD OF GRU-TONELE ONTSTEL WORD NIE.

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button