NewsNews

Kwaad, kwaaier, Mad Max!

SASOLBURG. – Nee, jy het nie te veel fles gevat nie, en nee, jy ly nie aan hallusinasies nie. Jy het so pas ‘n kar gesien wat lyk of hy van die Mad Max stel afgery het. Die skepping van Dylan Elbert (27) pronk by JM Spares en trek talle verbygangers se aandag. Dylan en …

SASOLBURG. – Nee, jy het nie te veel fles gevat nie, en nee, jy ly nie aan hallusinasies nie. Jy het so pas ‘n kar gesien wat lyk of hy van die Mad Max stel afgery het. Die skepping van Dylan Elbert (27) pronk by JM Spares en trek talle verbygangers se aandag. Dylan en ‘n groep manne van Auto Tech Conversion Centre het ‘n baie interessante stokperdjie. Hulle hou hulself besig met die bou van ‘Rat Rods’ soos hierdie ou Mercedes 280E wat nou as Mad Max bekendstaan. Hulle laat ook nie dat die gras onder hulle voete groei nie. Volgens Dylan het hulle in Februarie met die projek begin en was Mad Max al op Ignition TV, ‘n karskou by Nasrec en gaan hy ook binnekort by Speed & Sound wees en selfs dalk in ‘n musiekvideo sy verskyning maak. Mad Max is wel nie hul enigste ‘Rat Rod’ nie, hulle het nog twee ander ook gebou, maar Mad Max is Dylan se gunsteling.

Die detail op die ‘Rat Rod’ is baie goed gedoen.
Die detail op die ‘Rat Rod’ is baie goed gedoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button