Local newsNewsNews

Video: Mimi Fourie inwoners smeek om hulp

Ettienne van Rensburg VEREENIGING. – Bejaarde en gestremde inwoners van Mimi Fourie Hof in Vereeniging het vandag (16 Mei) by die plaaslike munisipaliteit betoog, nadat hulle krag vir drie dae afgesit was. Die Emfuleni Munisipaliteit is deur Vaalweekblad om kommentaar genader en daar word vir terugvoering gewag. Daar word bespiegel dat agterstallige erfbelasting die rede …

Ettienne van Rensburg

VEREENIGING. – Bejaarde en gestremde inwoners van Mimi Fourie Hof in Vereeniging het vandag (16 Mei) by die plaaslike munisipaliteit betoog, nadat hulle krag vir drie dae afgesit was. Die Emfuleni Munisipaliteit is deur Vaalweekblad om kommentaar genader en daar word vir terugvoering gewag. Daar word bespiegel dat agterstallige erfbelasting die rede vir kragonderbreking is. Hoewel die krag weer aangeskakel is, het die inwoners groot verliese gely. Meeste van die inwoners is afhanklik van ‘n staatspensioen en kan nie bekostig om die kos wat weens die onderbreking sleg geword het, te vervang nie.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button