VEREENIGING. – Die 2019 OutdoorX EXPO by die Malonjeni gasteplaas buite Vereeniging het die jaar weereens nie teleurgestel. Honderde stalletjies, lekker weer en duisende besoekers het hierdie geleentheid ‘n moet gemaak vir almal.
Daar was vir elkeen iets om na te kyk en ‘n wye verskeidenheid van stalletjie om te kies en keur.
FOTO GALLERY – JANNIE DU PLESSIS
Kos was daar in oorvloed en niks lekkerder as ‘n potjiekos op die plaas. Foto: Jannie du Plessis
Suiker lekkerny vir ‘n soetbekkie. Foto: Jannie du Plessis
“Wat krap jy so op my arm?” Foto: Jannie du Plessis
As ‘n stoetbul jou toelaat om op die plek te kielie dan moet hy mak wees of jy baie braaf. Foto: Jannie du Plessis
Wat OutdoorX uniek maak is dat dit kindervriendelik en troeteldier vriendelik is. Foto: Jannie du Plessis
By tye het OutdoorX 2019 uit sy nate gebars met die verkeer. Foto: Jannie du Plessis
Lekker ontspan saam met mamma en pappa en tyd vir ‘n foto sessie vir die koerant. Foto: Jannie du Plessis
“Big Mama” is nie verniet haar naam nie. Sy is groot, baie groot! Foto: Jannie du Plessis
Sekerlik die swaarste uitstalling by die 2019 OutdoorX was die groot stroper gedrapeer in die Amerikaanse vlag kleure. Foto: Jannie du Plessis
Niks beter as ‘n boerie rol by OutdoorX. Foto: Jannie du Plessis
Ons stadskinders kry nie aldag geleentheid met plaasdiere. Foto: Jannie du Plessis
Die .50 kaliber geweer het ‘n een in ‘n leeftyd geleentheid gebied om met die rare groot kaliber geweer ‘n skoot te kan skiet. Foto: Jannie du Plessis
‘n Baie gewilde rit was op die helikopter oor OutdoorX. Foto: Jannie du Plessis
As die voete moeg word is die battery aangedrwe sleepwaentjie ideaal. Foto: Jannie du Plessis
Vir 4 x 4 entoesiaste was daar genoeg stof en water om ‘n man se bestuursvernuf en tegniek te toets. Foto: Jannie du Plessis
Radiobeheerde vliegtuie het die hemelruim gedrapeer. Foto: Jannie du Plessis
Groot mamma van bo-af. Foto: Jannie du Plessis
Lekker yskoue aarbeie en room was ‘n lafenis al was dit winter en was die weer lekker warm deur die dag. Foto: Jannie du Plessis
Ai, maar dit is ‘n lang dag. Foto: Jannie du Plessis
Hierdie ‘groen bok’ (John Deere) stroper draai so by die R6 000 000. Foto: Jannie du Plessis
“Jou wolletjies hang een van die dae in my klerekas” Foto: Jannie du Plessis
“Brother just watch, next year I take a selfy on my own bike” Foto: Jannie du Plessis
Lekker speel terwyl pappa nie kan wag vir sy beurt. Foto: Jannie du Plessis
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!