LetterOpinions

Met sulke diens is karprobleme geen struikelblok

Adelle Jansen van Rensburg van Vereeniging skryf: Baie dankie aan Raymond en sy personeel van ACD Auto Care & Diagnostics in Vereeniging. Ek het vroeër die maand ‘n probleem met my voertuig ondervind, en het hulle geskakel. Raymond was besig, maar die vriendelike dame wat die foon geantwoord het, het gesê sy sal seker maak …

Adelle Jansen van Rensburg van Vereeniging skryf:
Baie dankie aan Raymond en sy personeel van ACD Auto Care & Diagnostics in Vereeniging. Ek het vroeër die maand ‘n probleem met my voertuig ondervind, en het hulle geskakel. Raymond was besig, maar die vriendelike dame wat die foon geantwoord het, het gesê sy sal seker maak hy skakel my terug sodra hy op kantoor kom. Skaars het ek die foon neergesit, of hy lui weer en dit is Raymond.
Ek vertel hom wat die voertuig doen en vra of ek hom so kan ry, en of ek hom moet laat sleep. Raymond gee my die versekering dat ek hom stadig kan ry tot by hom. Die volgende oggend ry my man die bakkie stadig tot by hom en gaan werk. Ek stap skaars die werkswinkel binne, toe ek gegroet word deur sy vriendelike personeel. By die ontvangs groet die dames (almal met ‘n glimlag) en onthou my van ‘n jaar terug toe Raymond my bakkie gediens het, en weet reeds dat Raymond gesê het ek kan die bakkie inbring.
Raymond loer gou na die bakkie en stel my dadelik gerus dat daar nie groot fout is nie. Blitsig word ek gehelp en spoedig is ek weer op my pad.
ACD, julle diens, vriendelikheid en hulpvaardigheid is wonderlik om te beleef. Baie dankie. Julle het werklik ‘n kliënt vir nog baie jare in my. Die vertroue wat ek in julle het, het julle verdien.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button