Mnr. & Mej. Vaal 2019: Wie gaan die kroon dra?
Die eerste inskrywings vir die 2019 Mnr. en Mej Vaal-kompetisie is in! Hierdie gesogte jaarlikse wedstryd word deur me. Renita Lombard, eienaar van Models Unlimited, aangebied. Afgesien van die kategorieë vir ‘n senior en junior Mnr. en Mej. Vaal, is ‘n nuwe kategorie, Mev. Vaal, sedert verlede jaar ingestel. Die Mnr. & Mej. Vaal-finaliste sal …

Die eerste inskrywings vir die 2019 Mnr. en Mej Vaal-kompetisie is in! Hierdie gesogte jaarlikse wedstryd word deur me. Renita Lombard, eienaar van Models Unlimited, aangebied.
Afgesien van die kategorieë vir ‘n senior en junior Mnr. en Mej. Vaal, is ‘n nuwe kategorie, Mev. Vaal, sedert verlede jaar ingestel.
Die Mnr. & Mej. Vaal-finaliste sal gekies word deur middel van intensiewe onderhoude wat vanaf Mei tot 12 Julie deur ‘n paneel beoordelaars by die Models Unlimited-studio in Vanderbijlpark gevoer gaan word.
Die 80 finaliste sal amptelik in Vaalweekblad se uitgawe van 25 Julie aangekondig word. Die publiek sal hierdie finaliste kan ontmoet wanneer hulle aan modeparades by Vaal Mall en Rivier Square gaan deelneem.
Die finaliste sal ook betrokke wees by ‘n verskeidenheid liefdadigheidsorganisasies.
Hulle sal aan onderhoude op 90.6 FM Stereo deelneem en sal ook by talle geleenthede in die Vaaldriehoek optree.
Die wenners word op 20 en 21 September tydens ‘n glansryke gala by die Etienne Rousseau-teater in Sasolburg gekroon.
Die ses kategorieë vir 2019 is:
Mej. Petite Vaal: 7-11 jaar.
Mnr. en Mej. Tiener Vaal: 13-17 jaar.
Mej. Vaal: 18-25 jaar.
Mnr. Vaal: 18-29 jaar.
Mev. Vaal: 26-38 jaar.
Deelnemers aan die Mej. Vaal (18-25) kategorie moet ‘n afskrif van ‘n geldige SA bestuurderslisensie by hul onderhoude kan toon.
New Vaal Motors borg die Mej. Vaal-wenner met ‘n Smart Forfour gedurende haar ampsjaar, dus moet sy ‘n motorlisensie hê.
Short Term Brokers sal die versekering van haar Smart Forfour borg. Pryse ter waarde van altesaam R185 000 is op die spel vir die ses kategoriewenners.
Markhams sal vanjaar al die manlike finaliste klee. Mariska Pfahl Couture sal die Mej. Vaal-finaliste aantrek en Coleen Pienaar die 15 Mej. Tiener Vaal finaliste. Marius de Jager sal die Mev. Vaal-finaliste klee. Ster en Vaalweekblad is vanjaar weer die drukmedia-borge van die wedstryd.
* Skakel Renita by 082 4161 710, 082 396 5634 of (016) 982-1364 vir nadere besonderhede of stuur ‘n e-pos na modelltd@mweb.co.za vir ‘n elektroniese inskrywingsvorm.



