Local newsNewsNewsBreaking News

35-Jarige man verdwyn onder water by Vaaldam

DENEYSVILLE. - 'n 35-Jarige inwoner van die dorp het gister, Staerdag 15 Junie in die Vaaldam verdrink nadat hy vermoedelik van sy kano afgeval het.

DENEYSVILLE. – ‘n 35-Jarige inwoner van die dorp het gister, Saterdag 15 Junie in die Vaaldam verdrink nadat hy vermoedelik van sy kano afgeval het.

Volgens Jake Manten, stasiebevelvoerder van die NSRI stasie 22 by die dam is hulle om 10:35 geaktiveer nadat inligting ontvang is dat ‘n man in die moeilikheid is. Verskeie nooddienste, die Vrystaat EMS, die K9 honde-eenheid, Sasolburg Fire and Rescue, die polisie en die polisie duikspan is na die toneel by Rate Payers Bay waar die man onder die water verdwyn het. Polisieduikers het later die man se lyk gevind.

Volgens die NSRI was die water temperatuur net 11grade en het dit vermoedelik bygedra tot die verdrinking alhoewel dit lyk of die man na die wal probeer swem het.

Die voorval het gebeur agt dae nadat die 19 jarige Brandley Coetzee van Johannesburg spoorloos verdwyn het by die dam nadat hy waarskynlik sy vislyn ingevat het.

Foto: Vaalweekblad Argief

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button