LifestyleLocal newsNationalNews

Waarom is Gesins- en Egskeidingsmediasie voordelig as ouers skei?

Vaalweekblad het by Rudi Rust, 'n bekende Mediator in die Vaaldriehoek, gaan kers-opsteek om meer hieroor te hoor

Waarom is Gesins- en Egskeidingsmediasie voordelig as ouers skei?
Dié vraag is die afgelope tyd gereeld deur Vaalweekbladlesers gevra, in die hoop dat ons joernaliste meer oor mediators se rol kan uitvind.
Vaalweekblad het by Rudi Rust, ‘n bekende Mediator in die Vaaldriehoek, gaan kers-opsteek om meer hieroor te hoor. Hy het die inligting hier onder verskaf.

Mediasie is ’n vrywillige en informele proses waartydens ’n mediator twee partye tydens ’n dispuut bystaan, met die oog om tot ’n gesamentlike ooreenkoms te kom.
Dit behels onder andere:
• Enige sake rondom egskeiding, voor of daarna.
• Sake rakende minderjarige kinders, voor of na egskeiding.
• Biologiese ouers wat nie wettig getroud is nie.

Mediators@Vaal lewer so ‘n diens in die Vaaldriehoek en wyer.

Egskeiding is baie traumaties, en dikwels ‘n duur proses. Dit maak dat mediasie ‘n ideale alternatief is teenoor ‘n uitgerekte en duur regsproses.

I.p.v. dat elke party die kostes dra vir ‘n eie prokureur, sien die partye ‘n mediator van hul keuse. Die mediator help die partye om ooreenkomste te bereik. Sake soos verdeling van bates, kontak met kinders, voogdyskap en onderhoud word hanteer. Die mediator is onpartydig en tree op in die beste belang van die kinders en help om opsies op die tafel te sit, sodat die partye ingeligte besluite kan neem. Die besluite word in ‘n MEMORANDUM VAN OOREENKOMS saamgevat en kan na ‘n prokureur geneem word wat dit in regsterme oorskryf vir die skikkingsooreenkoms.

As daar minderjarige kinders betrokke is, kan ouers deur die Kinderhof vir mediasie verwys word. Die Kinderwet stel dat die beste belang van die kind die hoogste prioriteit geniet en dat die stem van die kind gehoor moet word.
Die Kinderwet maak voorsiening vir ‘n OUERSKAPPLAN waarin beskryf word hoe die ouers hul regte en verantwoordelikheid t.o.v. die kinders gaan uitoefen. In die ouerskapplan kan sake soos kontak, vakansies, kontak met uitgebreide families, onderhoud, dood van beide ouers, ens. uiteengesit word. Die ouerskapplan kan ‘n bevel van die hof gemaak word.

Mediasie word sinvol gebruik in gevalle waar die biologiese ouers nie getroud is nie en daar konflik bestaan oor o.a. kontak met ‘n minderjarige en onderhoud. ‘n Ouerskapplan word saamgestel hoe die biologiese ouers hul regte en verantwoordelikheid gaan uitoefen.

Algemene voordele van mediasie:
• Mediasie vind plaas ingevolge die “Children’s Act 38 of 2005”
• Mediasie skep ‘n veilige ruimte vir gesprek.
• Tydens die eerste sessie word ten minste die volgende hanteer:
• Die proses van mediasie.
• Gedragskode / ooreenkoms tussen partye.
• Sake / Agenda vir mediasie.
• Mediators verskaf nie regshulp of finansiële raad nie.
• Mediators@Vaal is geakkrediteer by “The South African Association of Mediators”.
• Mediators@Vaal is geakkrediteer by die Departement van Justisie om Hofverwante mediasie in siviele sake te hanteer.
• Mediators@Vaal werk saam met verskeie prokureurs, sielkundiges en maatskaplike organisasies.

Vir meer inligting kan mediators in die Vaaldriehoek gekontak word by:
Epos: Mediators@mweb.co.za
Selfoon: Rudi Rust by 066 218 1212
Webwerf: www.mediators-vaal.co.za
Facebook: Mediators@Vaal
Facebook: Family and Divorce Mediators

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button