NewsNews

Bejaardes verloor alles in brand

VANDERBIJLPARK. – Nog ‘n huisbrand het Donderdagoggend 1 Oktober net voor 08:00 die huis en huisraad van twee bejaardes verwoes. Mpapi Moshane (65), ‘n afgetrede onderwyser en sy vrou Lydia (61) het die oggend geskok teruggekeer na hul huis in Sangirostraat, CW4 Vanderbijlpark, terwyl dit nog gebrand het. Lydia was so geskok dat sy deur …

VANDERBIJLPARK. – Nog ‘n huisbrand het Donderdagoggend 1 Oktober net voor 08:00 die huis en huisraad van twee bejaardes verwoes.
Mpapi Moshane (65), ‘n afgetrede onderwyser en sy vrou Lydia (61) het die oggend geskok teruggekeer na hul huis in Sangirostraat, CW4 Vanderbijlpark, terwyl dit nog gebrand het. Lydia was so geskok dat sy deur ER24 op die toneel vir skok behandel moes word. Die brandweer van Vanderbijlpark en ‘n ondersteunende span van Vereeniging brandweer kon niks red nie. Volgens ‘n buurvrou, Amanda Steenberg, was daar net voor 08:00 ‘n harde slag en het sy rook by die dak van die agterste kamers sien uitkom. Die egpaar het net die klere wat hul aangehad het, oor na die brand. Hul een dogter was ten tyde van die brand by die skool en die ander dogter was in Sebokeng by die hospitaal waar sy werk. Volgens Mpapi het hy versekering op die gebou, maar nie op die inhoud nie. Die oorsaak van die brand word nog ondersoek. Enigeen wat hulp aan die gesin kan verleen, kan Mpapi by 084 522 2993 kontak.

Lydia Moshane (61), sit hier geskok na die brand terwyl vriendinne haar ondersteun
Lydia Moshane (61), sit hier geskok na die brand terwyl vriendinne haar ondersteun
Mpapi Moshane (65), ‘n afgetrede onderwyser, is baie hartseer nadat hulle ‘n leeftyd se besittings verloor het.
Mpapi Moshane (65), ‘n afgetrede onderwyser, is baie hartseer nadat hulle ‘n leeftyd se besittings verloor het.
Die huis in Sangirostraat wat Donderdag 1 Oktober afgebrand het.  Foto: Jannie du Plessis
Die huis in Sangirostraat wat Donderdag 1 Oktober afgebrand het. Foto: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button