
VANDERBIJLPARK. – Rusticana buurtwag is gestig in 2015 in versoek van Barrage SAPD a.g.v die hoë kriminele insidente in die Barrage kleinhoewe omgewing in vennootskap.
Tans staan Rusticana buurtwag se ledetal wat verteenwoordig word meer as n 400 lede en groei daagliks en werk baie nou saam met SAPD. Rusticana buurtwag is n baie aktiewe buurtwag en verleen hulp waar nodig, ongelukstonele, misdaad bekamping brande ensovoorts.
Ons is trots daarop om te sê ons is betrokke by alle misdaad voorkoming operasies saam met Barrage SAPD en ondersteun alle opleiding programme wat uitgerol word. Rusticana buurtwag lede sal uit hul pad uit gaan om ons area ‘n veiliger en beter omgewing te maak. Daar is ook verskeie hoof roetes wat deur ons area beweeg soos die R42, R553, Ravel road (Stokkiesdraai pad) en ook die Potchefstroom pad. Ons het al op verskeie noodlottige ongelukke gehad op die paaie. Ons as buurtwag het op n punt gekom waar ons ‘n behoefte het om ‘n eenheid op te bou wat ons taak kan vergemaklik en om lewens te red.
Ons het reeds ‘n wa gekoop en wil dit inrig met die nodige toerusting .
Ons benodig die volgende:
Keegels x10
Gazebo’s x2
Latex Handskoene x2 elk(*Small, Medium, Large, X Large)
Kragopwekker(1.1 KW)
Ligte Flits lig x6
Kop lig x6
Druk verbande x10
Besems x4
Brandblussers(9kg) X 2
Tou
Nek stutte
Kontak die voorsitter, Burt Cordier op 083 508 9239.



