Local newsNewsNews

Drie voertuig botsing – vrou en twee kinders beseer

Drie voertuig botsing - vrou en twee kinders beseer

VANDERBIJLPARK. – ‘n Ongeluk het vanoggend, Dinsdag 9 Julie net na 07:00 op die brug by Rafterz op die Ravel pad (Stokkiesdraai) plaasgevind.

Twee kinders en ‘n vrou is lig beseer toe twee van drie voertuie agtermekaar ingery het. ‘n Mercedes SUV, ‘n Volkswagen Polo stasiewa en ‘n Ford Figo was in die ongeluk betrokke. Netcare 911 was vinnig op die toneel gevolg deur ER24 wat vier pasiënte op die toneel gevind het. Een wou glad nie behandeling ontvang terwyl twee kinders en ‘n vrou deur haar man na die Vaalpark hospitaal geneem is vir behandeling. Die ander insittendes was ongedeerd.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button