
Afrikaans onder
Woman and biker killed in collision
Two people were killed following a collision between a motorbike and a vehicle on the R82 in Vereeniging this afternoon (17 July 2019).
ER24 Spokesperson Ineke van Huyssteen reports that ER24 paramedics arrived at the scene shortly after 17h00 today, where they found a male motorbike rider lying on the ground a short distance away from his motorbike. Unfortunately, he showed no signs of life and was declared dead at the scene.
A woman was found with critical injuries inside a vehicle. Paramedics immediately administered advanced life support interventions, but unfortunately she succumbed to her multiple injuries and was also declared dead at the scene.
The exact circumstances surrounding the incident were not known at the time, but police were on the scene for further investigations.
Vrou en motorfietsryer sterf in botsing
Twee mense het vroeër vandag (17 Julie 2019) na ‘n botsing tussen ‘n motorfiets en ‘n voertuig op die R82 in Vereeniging gesterf.
Me. Ineke van Huyssteen, ‘n ER24-woordvoerder, berig dat paramedici kort na 17:00 vanmiddag op die toneel aangekom het, waar hulle ‘n manlike motorfietsryer op die grond aangetref het. Hy het bewegingloos naby sy motorfiets gelê. Ongelukkig kon niks meer vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.
Intussen is ‘n vrou met kritieke beserings aangetref in die voertuig wat ook in die botsing betrokke was. Paramedici het dadelik gevorderde lewensondersteunende behandeling toegepas, maar ongelukkig het sy ook aan haar veelvuldige beserings beswyk.
Die presiese omstandighede rondom die ongeluk is nog nie bekend nie, maar die polisie was op die toneel vir verdere ondersoek.



