Barrage polisie vereer sy helpende hande
Barrage polisie vereer sy helpende hande
BARRAGE. – Die misdaad in die Vaal het die laaste jare so toegeneem dat daar nie genoeg hande in die polisiemag is om ons as inwoners te beskerm nie.
Sers. Alwyn Koekemoer, verbonde aan die Barrage-polisie, het twee jaar gelede met ‘n projek begin om die gemeenskap, buurtwagte en sekuriteitsinstansies bymekaar te bring om die Barrage-gebied veiliger te maak vir die gemeenskap. In samewerking met Burt Cordier, voorsitter van die Rusticana Buurtwag, het hulle hande gevat en ‘n span op die been gebring wat tans as ’n gedugte misdaadspan funksioneer.
30 lede is onlangs deur die Barrage-polisie vir hulle onbaatsugtige bydraes tot die veiligheid van die gemeenskap oor die laaste ses maande vereer. Lede van die gemeenskap, die Rusticana Buurtwag, die Rosashof-, Gladwood- en Rietspruit Buurtwag (RGR), National Security & Fire, Vaal Tactical Security en KRM Security is vereer. Luitenant-kolonel MJ Mashobane, stasiebevelvoerder van die Barrage-polisie, het in sy bedankings die buurtwagte en sekuriteitsmaatskappye wat erkenning gekry het deur die Barrage-polisie bedank vir die verskil wat hulle in die gemeenskap maak.
“Die Barrage-polisie fokus baie op die gemeenskapspolisiëringsprojek en hul betrokkenheid maak ‘n groot verskil aan die veiligheid van die gemeenskap,” sê Mashobane.



