Entertainment

Heerlike toer na Badplaas vir bejaardes

Heerlike toer na Badplaas vir bejaardes

Die AGS Gemeente, Meyerton se Sonskyn groep (selgroep vir bejaardes beplan hul jaarlikse toer na Badplaas vanaf 27 Oktober tot 3 November.
Hulle gaan in die Gastehuis van die Rotariers tuisgaan wat daagliks gratis busvervoer na die oord met sy warmbron-swembaddens insluit. Persone van alle ouderdomme is welkom.
Dit is ‘n 7 dae toer van Sondag tot Sondag. Daar is geen verpligtinge nie en elkeen kan doen waarvoor hy lus het.
Ingesluit in die prys is busvervoer vanaf Meyerton na Badplaas en terug, asook drie etes per dag. Daar is ook twee bus uitstappies vir die week. Een na ‘n wildsplaas en die ander na ‘n bootrit op die dam. Geen wins word uit die toer gemaak nie. Prysgeld is slegs R3 200 per persoon wat deel.
Dit kan afbetaal word, finale betaling einde Augustus. Gelde word in die Kerk-rekening inbetaal. Vir meer besonderhede kontak Thinus Meiring by 083 286 9816 of 016 366 1532.

Related Articles

 
Back to top button